Klein Groter Vet

Dog ek toe so: [byna] almal is op n dieet of min eet of anders eet net so vóór Des. [of jou troue!]. ‘Twee vriendinne van my gebruik n meal plan [vervanging] twee maal per dag. Verloor lekker gewig. Tussen-in snack hulle aan biltong, neute of appel. Als waarvan ek hou, die biltong veral [ons almal doen]. En net om so ietsie te doen om in die swembroek te pas [aaklige word, swembroek klink soos die 1950s swemgoed]. Ek dra n costume dan en wan, baie, baie min. Rudy praat van is jy mal ons gaan nie swem nie! Met 45grade in Limpopo kan hy tog nie in sy onderbroek swem sou hy besluit het hy was stupid om nie n costume in te pak nie Nou ja, loop soek ek toe ook na die wondermiddel gister in Menlyn. Was n ervaring van n ander shopping experience . uiteindlik die winkel gekry. Ek kry die idee dat, orals waar ek vra waar die plek is, mense my op en af kyk, half verwonderd dat ek dalk n ystervrou mag wees, maar nie die tekens toon nie! Vra n klubkaart was my vriendinne se aanbeveling. So, ek vra. Gooi sommige klubkaarte weg elke paar maande want liewe mens, jou handsak kan dit nie hou nie! Ek dra swaarder aan kaarte as aan geld. Almal doen. Nou moet ek als invul, gn probleem. Maar die rede hoekom jy lid is of kwalifiseer vir n kaart is shopping met n difference. Ek lag so, ek vra die ou om maar liewers self te kies waar ek hoort. Nou vat hy die iPad en noem die redes hoekom ek volgende keer afslag sal kry..ek moet my fitness bepaal. Nee, nee, nee, nee praat ek agter hom aan soos hy die info aflees [goed soos pathetic-fit of super-fit of abnormal-fit..]. Nee, die man kry my nie ge-label nie. Ek besluit toe maar self om in te gryp en sê ek power walk, toe merk hy my fitness as ‘buddy-fit .. is reg, sê ek want my buddy is my skaaphond, maar as dit is waar ons tweetjies hoort, be it what it may! Nee, laat die ou hoor, dis net ék wat as ‘bud-fit gemerk is op my profiel, toe lag ek so die mense kyk snaaks na my hy wonder toe oor my histerie maar die butt-fit in my kop kan ek hom nie verduidelik nie. Mens moet mos gemaklik jou butt fit in jou costume. Ek kom by die huis met die seer-oog-pienk bottel en sê vir Emma sy hoef nie hiervan te drink nie, dis net vir humans en buitendien is haar butt ge-streamline.

Elephant and dog sit on a beach


Ons is [ongelukkig] nie almal op Mej Wereld of Heelal standaard nie, maar ons hoef ook nie vrot oor onsself te voel nie! Vandag sit ek by Kloof Hosp. se ingang - ek wag vir een van ons staf wat ek moet laai. Ek kyk en kyk, praat met myself en bekyk die besoekers, hoe elkeen lyk, die klere wat hulle dra, die styl van hulle hare.. Na 'n baie lang tyd besef ek die een vrou of jong meisie wil mooier [aangetrek] lyk as die ander. So stylvol. Als pas [bymekaar]. Hare mooi versorg of wild [maar in styl]. Make-up net genoeg. Handsak, skouersakke en skoene pas. Kleure pas. Toe kom dit by my op dat baie mense van ander werelddele mos meen ons het baie mooi meisies in Suid-Afrika, dat ons [gewoonlik] baie nice en versorgd lyk. Kyk, die verslonsdes gaan jy kry. Ryk of arm. Ou- of nuwe geld. Ook by Kloof: die een ma is lekker dik, maar het haar nogtans 'n kort sjoe-broekie aan met hak-skoene [ek pass amper uit as ek hierdie tipe van aantrek sien, Nataniel sou op n stretcher ingedra moes word na hy so iets aanskou het. Daar was ook 'n jong meisie, dik en groot vet bene, met 'n stywe kort broek.... nee man, weet jy hoe lyk julle van agter af? Kry tog iemand wat julle raad gee, mense wat EERLIK is en LUISTER na raad dat jy aantreklik maar gepas aantrek. Jy hoef nie ou-tannie klere te dra as jy jonk is nie. In fact, niemand dra sommer ou-1960-tannie-klere nie. Nie eers die anties van vandag nie! In denim sien jy my altyd... ek probeer darem juwele dra wat pas, sandale of flip-flops [hang af of ek iemand moet sien in die dag...] en 'n sak wat pas by die skoene se kleure. Ek is n casual meisie. My seuns hou my op my tone. Ek het so n verskriklike mooie swart T-shirt gekoop anderdag [by boutique] met blinkertjies op [nie gekyk wat is daarop geskryf nie!] en hulle was baie kwaad dat ek jonk wil lyk om so n T-shirt te dra.. toe lees ek eers die jongmens gesegde op die top. Ek sorry toe vir hulle en loop trek die ding uit. Nou ja, weggegee vandag aan n jong dingetjie wat baie bly was ! Intussen my kas met ander oge bekyk!


Comments

Popular Posts