Hier kom 'n ding

Ons hoor gereeld dat o.a. Holland nie meer is wat dit was nie... dat die huispryse in hul glory is omdat daar so 3 gesinne langs die Hollandse gesin intrek.... van 'n lawaai en geskreeu, karre wat raas en musiek wat verseker nie musiek is nie. Helaas, nou ons buurt [bure] ook. Huurhuis van R25,000 maar die kids 'party' vanaf 26 Des. Aan en af. Geen deurgaanse rustigheid nie. Jammerhartig dat my fog horn uitasem is, want ek sou hulle weer 'n 'go' gegee het, soos in die verlede. Nou hyyyyyyyyggg die ding, soos 'n man wat baie rook. Die apparaat moet eers weer volgemaak word met gas of iets dergliks... g'n mens kan ook by die huise inkom wat oorkant ons patio en ons slaapkamer is nie..... dit meen ons moet 'n slaappil amper elke aand neem,, met 'n waaier wat ons op hoog-spoed aansit sodat ons kan slaap. Uber werk oortyd. Die stilte begin so 3 - 4vm. elke dag. Intussen het ons 'n fontein[tjietjietjietjie] op die patio aangebring vandag, maar dit help regtig niks. Ek dink die ergste is die geen-respek van mense deesdae. Die een kind [weet nie aan wie die man behoort nie] hol in die straat af, dressed to the nines, met 'n glas in die hand, hol verby my en skreeu 'white b...'. Ek dog ek hoor verkeerd. Ons het nog nooit gaan moan nie... Toe ek van WW kom, se ek vir Rudy, wat natuurlik toe na die hek storm met 'n spanner in sy hand. Hy trek darem aandag met die gehammer aan die yster hek en die ouens wat naderstaan is baie jammer oor die lelike voorval. Maar die mannetjie is daar iewers in die hengse huis, Mammie ook. Geen 'ou' karre te sien nie. Kinders van 12+ en gedress in die nuutste giere. Sal maar more met die dr. ma gaan gesels. Geld kan nie respek koop nie. Ek onthou, 'n paar jaar gelede, dat ons een seun vir die buur omie gaan se het hy het 5 pals genooi en hulle sal 'n rukkie buite op die stoep braai, maar nie musiek aansit nie.... ons was weg met verlof. Die omie het ons later vertel en gese hy is omtrent uitgeboul deur sulke ordentlikheid. En dit het ons hom nie voorgese nie, dit wys wat jou kind van jou leer. hoe jy in die Kruger jou gedra en ook by die werk, al kan jou mense jou nie sien nie. Dit maak jou wie jy is. Jy respekteer ander deur stil te wees in die natuur, jou mond toe te hou, al is jy 3 jr oud, omdat jou ma so se! TOT die ander wat-is-hier-tog-te-doen-innie-bos-vaaljapies aangejaag kom met hulle musiek en blikke bier... het nie regtig met kultuur te doen nie, maar opvoeding. Ons kan nie dat mense se 'genetiese samestelling' hul vrot gedrag verskoonbaar maak nie. Dit klink soos 'it's my culture' of 'you're a racist' as mens nog DINK om hulle aan te spreek vir swak gedrag of swak diens! As jy slim genoeg is vir universiteit of kollege, is jou genetiese samestelling dus ook in lyn.

Free Clipart: Simple Wacky Dancing Figures | Viscious-Speed



Comments

Popular Posts