Muskiet-Pes

Ek raak heel beserk, regtig! Die gevlieg en gezoem om my kop en byte aan my voete [G&T help nie meer nie...] maak my 'n zombie. Ek loop met kanne anti-mozzie gif in my hande. Ook, tussen die goed wat ek dra, gif vir die vliee. DAN ook nog my gas-aansteker [iets wat elke vrou MOET he] om die veelvuldige citronella kerse/lampies met citronella-olie en sommer die gewone kerse aan te steek in die verbygaan. Ek's soos 'n besige bytjie! Ek gooi enige 'staande' water in ons tuin potte uit sodat die mozzies nie eiers kan broei nie, dink ek? Die honde se poef word ook elke dag mooi opgetel [Rudy se job as Jonas weg is...]. Jonas het raad gegee da ek elke dag genoeg kos [saad] vir voels uit moet sit want die voels vreet die muskiete as die muskiete rondvlieg.... ek het reeds 8 bakke saad rondom die patio [kos ook 'n flippen fortuin]. Ek het altyd lekker op die patio gesit en lees, maat deesdae is ek omring van citronella olies, tot op die vloer, onder my voete. En NOG kom die flippers kuier op my lyf - kry hulle nie die boodskap of is hulle immuun? Wonder jy nog hoekom ek nie gaan kamp in Afrika nie? Wonder jy hoekom ek mal is oor die winter? Enigiemand met raad wat sal WERK?



Girl got bitten by mosquitoes

Comments

Popular Posts