Doctor vs Doctor

My vriendin is tans in hospitaal vir 'n knie-vervanging. Ek noem nie haar naam nie vir obvious reasons... Ek is nog nie op hoogte van ál die 'this and that's' nie, sal later direk met haar deel as sy beter is. Die mans kommunikeer mos net die nodige en hark oor die groot, belangrike dinge! 
So hoor ek dat sy 'n praatsieke vrou langs haar het [geLUKKIG is dit net 'n 3-bed kamer] wat in Waterkloof bly [hoekom dit juis belangrik is, weet net die vrou self]. Sy is dalk 'n mevrou/dokter/professor. Ek het my vriendin aangesê om die vrou met haar waterglas te gooi. Bedoelende, gooi haar met water [wat in die glas is]. 
Ek PES mense wat iets voorgee - jy's mens, soos ek. Ons hol saam in die branders, gil en skreeu en eet roomys wat smelt. Die flip weet waar kom, veral ons Afrikaanse mense, vandaan om die dominee of dokter of prof op die pedestal te sit! Mense, word wakker. JY betaal die dokter [hy gee 'n diens], JY betaal die wie ookal. Hy doen jou nie 'n guns nie! Jÿ is die guns wat hy kry vir goeie diens. As jy unhappy is, loop na iemand anders. 
Ek wil moord skreeu vir ons mense wat 'ja dokter, nee dokter' [my man ingesluit] ten koste van hul eie siekte en wat geen insig kry as jy die dr. 'vra' wat is met JOU fout nie! Julle sal nie glo waartoe ek al in staat was nie. Dalk sal julle. Maar spesifieke moet geen dr. dink hy hoef nie my toestand aan my te verduidelik want ek sal dit nie verstaan nie... halllo? Menende dis ver bo my vermoë? Of is die dr. dalk net te lui om te praat of weet hy dalk self nie wat die diagnose is nie..?
Of my middels ingee wat EK op Google gaan soek om te kyk wat gaan aan met my...... en dit vir die ...pol dr. print en vir hom vat [hy is kwansuis 'n tropiese siektes spesialis] - 'n meneer wat my nóú nog nie kon sê watter tipe bosluis my gebyt het nie, verseker nie 'n hond-bosluis nie, anders was my honde almal dood. Toe ek die papiere so op sy lessenaar gooi [smyt was 'n beter woord], toe sê hy [kan julle glo]: 'haai, maar dan moet jy liewers die klomp goed los!' 
Die vorige ortopediese chirurg het 'n chip op sy skouer - geen, géén people skills nie. Die bedside erken geen manners nie. Onbeskof. Wil my vertel my REGTER knie is die eintlike vrot een [wat dit is] en hoekom ek, liewe Brenda, so knaag oor my LINKER knie, kan hy nie verstaan nie. En hoekom, vra ek, stupid Brenda hom, is die linkerknie dan die een wat so swel, pyn en kliphard word as dit eintlik die regter een is wat so behoort te voel? Daan waai hy my so 'weg' met sy hand. En as jy in die saal lê en jy hoor 'n geritsel van voete en haaste gestap, dan is die meneer dok oppad, maar voor hy nog in jou saal kom, hardloop sy sustertjie in, sit sy rekening voor jou bed neer.... jaw dropping oomblik! 
Na elke knie-operasie was dit so... en toe hy so geleun staan teen die deur en met sy kop mik-mik na my knie en casual laat hoor 'en hoe gaan dit daar' laat ek hom weet, nee, hy moet kyk want ek is nie 'n dr. nie. Nee, laat hy weet. Ek kan niks meer vir jou doen, 'ou girl'. Ja, weet ek ook. Hy vra die suster om te kom kyk na die knie terwyl hy teen die deur lê. Toe ritsel hy die volgende af..... jy sal netnou ontslaan word, dan sal suster Nel kom en jou dit.. en dat ... en dan kom suster Breytenbach vir ... en dat.... en later sal suster Lazarus kom kyk of jy kan opstaan [dis nou my eie benoeming].... en dan kom suster Bronberg vir bloedtoetse en en en.. daar loop hy weg in die gang in. 
Ek roep hom terug en baie kwaad vra ek hoekom hy nie net rustig en ordentlik kan praat nie, rustig en stadig verduidelik en 'lyk' of hy omgee.... ja ek het so gevra. Ek wys toe so na die rekening langs my bed en sê hom ek sien dis baie belangrik vir hom om vinnig betaal te word, maar ek is die kliënt en ek soek diens. Hy ruk susters so uit die gang, hulle word aan my uitgewys as , 'dis nou suster die, dis suster daai, dis suster'.... en vererg loop hy gang af. Ek roep toe [baie kinderagtig] 'was dit nou so moeilik?'.
Intussen na Dr Olivier, beste knie-spesialis in die land. Iemand wat meeste van die goor-koning se 'oorloop' kry. En hierdie nuwe vriend van my is 'n fees en 'n man wat baie graag wil hê dat jy moet verstáán wat jou fout is. Jy word oor en oor gevra of daar nóg iets is wat jy wil weet. O ja, en hy behandel ook nie x-strale nie. Hy behandel die probleem. My LINKER knie.

Comments

Popular Posts