Women vs Men Shopping

Ek shop vandag, maar net vóór ek drop kom staan hier 'n man so regs van my en sê 'hallo Brenda'. 

Ek kyk en wonder wie de dickens, maar weet toe dis iemand van lank, lank gelede [my korttermyn geheue is nog goed!]. Toe is dit niemand anders as Barnie Bouwer - hy en sy vriendin het vir die dag deurgekom na Pretoria. 

Hy moes so lag vir my skrywe op FB t.o.v. my ondervinding met o.a. ortopediese chirurge... Hy het glo dadelik geweet van wie ek geskinder het in die artikel.. lol

Ons kon darem inligting uitruil [ék meer as Barnie.. mans praat mos net die nodige - as Rudy iewers was by iemand wat hy lanklaas gesien het, en hy kom huistoe, wil ek als weet maar is ALTYD teleurgesteld want, soos hy sê 'ek het nie gevra wat hy vir aandete gehad het of wat die kleur van sy onderbroek is nie!] 

Barnie en ek het die politieke probleme daar en dan in Foschini opgelos en uitsorteer! Geen vergaderings, eet- en drinkgoed en [nóg 'n] kommissie van ondersoek nodig om te weet wat is reg en wat moet weg in hierdie land! Ons kos die tax man [julle almal] zero geld terwyl ons in die queue van Foschini die kaf in die land skei. 

Soos Barnie meen, ons baby boomers [veral die Woeries] is [steeds] sterk mense, kan hard werk en koes-koes nie agter die waarheid. Barnie se vriendin is baie bevoorreg dat hy saam met haar in die winkels rondloop.... my man staan net en staar na die items, sprak g'n sprook en raak wit soos 'n spook. 

Ek moet Rudy behoorlik uitlei [terwyl ek ly] uit die winkelsentrum [en ek paai met 'n 'kyk net voor jou uit, die deur is nie ver nie'] en hy word eers normaal as hy in die kar sit en weet hy gaan huistoe. 

Groot geluk aan die ander man-shoppers! I salute you!  😎


Comments

Popular Posts