Beggars

Ons ry vandag en ons seuns langs my maak 'n U-turn - hoewel ons na die regte plek oppad is.... en nou? Nee, hy het hierdie beggar gesien, doer voor by 'n stop-straat [ek rek my nekk en ja, daar knie die man in die middel van die straat]. Die punt is, hierdie beggar is blank en kniel met sy bordjie hier voor jou oog - ooghoogte... ek lag toe verfskriklik lekker! Hoekom lag ek, meen hy, sommer vies vir my!  

Hy redeneer nou so en of jy dit beaam of nie..... ons ry in 'n kar, met hope kos gekoop by die 18de Straat mark; dan is die jongman in die kar die bestuurder, het die geld om 'n bydrae te maak en ook om kos aan te gee... maar op hierdie stadium het hy nie die lus om die ding in sy kop [en hart] uit te figure VOOR hy by die stopstraat gaan kom nie! Nou gee ek my 10c bydra 'ja, maar ons kan nie mense op die straat hou tot hulle hier doodgaan nie.... die ou kan staan of kniel tot hy 90jr oud is'. Hoekom nie, meen hy?  

Toe raak ek nou goed warm en wil-wil nog ander redes gee. Nee, stop hy die kar... 'ma, het jy al daaraan gedink wat maak 'n mens straat-toe gaan en smeek vir geld, wat jy [verseker] bietjie later gaan uitdrink? Het ons enige clue as to what happened in so 'n ou se lewe? Regtig?' Ek probeer ''ja maar' toe storm hy voort, baie emosioneel 'so wat maak dit saak as die ou die geld uitdrink? Dis syne om te maak soos hy wil - as jy dit gee, is dit nie meer joune om te besluit wat hy daarmee moet doen nie - jy't ons dan so geleer! 

Die Here het ook bevestig die armes sal altyd tussen ons wees. Dus maak ek nie die ou ryk wat bedel [nie wil of kan werk nie]. Ek help 'n klein bietjie. Dis nie 'n pyramid scheme nie!' En, by the way, ek sal beter slaap vanaand as ek weet die mens op die hoek vd straat kan sy kop laat rus en dalk goed slaap, tot more...' En voel jy dieselfde as jy 'n swart beggar op die straat kry.....? Nee, die man sukkel om te antwoord want hy is woedend vir for-helle. Hy verduidelik verder dat nie almal die rugraat of familie of hulp het om op te staan nie. Dis 'n bose kringloop. Dit word 'n straat-DNA mentality.  

Maar vir 'n feit weet hy niemand staan net eendag op en besluit hy wil bedel nie. Ek kyk hom en vra 'jy weet ek gaan hiervan skryf, ne?' Ja, lag hy! Vra solank die mense moet gedagtes gee hoe hulle die beggar-ding hanteer op die hoeke. In Gauteng het amper elke robot 'n bedelaar.... bepaal jou spoed vs afstand na die robot, as dit moet, trek af vd pad... [nou lag ek histeries] OF maak 'n U-turn soos ek gedoen het. Maar weet wat jy gaan doen as die robot of verkeer jou MAAK stop!


Maar ek voel ook nie elke dag dieselfde nie, hoor [laat hy weet]. Dis net omdat ek nou van die bos kom na 'n paar weke en die hopelose gesig van 'n mens maak my lam. Ek het dit lanklaas gesien, nie soos ma, wat elke dag sulke besluite moet maak nie [ek maak nie meer besluite hieroor nie, laat ek hoor].  

En ja, vertel jou pals hulle moet NIE met hulle selfone peuter of voor of agter of iewers kyk en dink die man wat bedel sien nie wat hulle doen nie...dis erger, want jy verkleineer die mens verder omdat jy hom nie in die oog kan kyk nie. Hy voel klaar afgestomp en niks werd. 'EK vat my cell', kom dit' van my kant. 'Go figure', sug hy ... en daar ry ons verder. Sit sit so. Tot by die volgende robot...


Comments

Popular Posts