Toiletpapier & Linne

Toiletpapier en linne. 

Ek booking.com ons vakansies. Ek vra net vir 4* establishments, aircons, gratis parkeering, self-catering, review 8+ [dis nou hoe vorige gaste die plek gevind het en al hulle klagtes en goeie ondervinding lees ek...]. 

Dan tick ek ook 'pet friendly' as Douggie en Missy saamgaan. Julle dink ek's 'n snob, maar as mens wil betaal vir 'n lekker wegbreek, MOET jy tog geld hiervoor hê! 

As jy wil kamp, gaan kamp - ek het my dae en jare gehad van stof, luise, goeters wat kruip, muskiete, motte.. noem maar op. Van die drie daagse stof wind in die Kgalagadi kan ek 'n boek skryf. Dis sand tussen jou tande in jou tentjie. Dis vuil storte of toilets. Hang af waar kamp jy. 

O jig, my bors trek nou toe van die baie slegte herinneringe. Die hel wat jou brand dat jou vel nie meer wil klou aan jou gebeendere nie... snak na asem, dis asma-pompies en neussproei net om asem te haal. Wat's daar om te geniet?. Ek vra jou. Wat?! Hou verby! 

Nou, met mooi plekke wil ek [ek meen ek dring aan!] mooi WIT linne sien. Spierwit. Spierwit linne en spierwit handdoeke, spierwit duvets. Dik gestoffeerde matrasse. Ek meen dit moet tip-top wees. By hierdie tipe van elegante plekke is dit 'n voldonge saak dat jy double ply toiletpapier sal kry. EK meen, ek vra tog nie as ek bespreek het of dit 'double of single ply' is nie... imagine mens doen dit! Die girl by die reception sal nie weet waarvan jy praat nie! 

Dit bring my nou by my oorlede Hollandse skoonma wat 3de rangse [skoon!] toiletpapier gekoop het.... dis af-wit/af-beige/ligbruin.... dis hergebruik [?] en dit is asof jou pollie 'n exfoliation kry! Dit was so hard dat my neus afdop as ek moes neusblaas. As ek my bril wou skoonmaak daarmee, is daar skade aan die lense. Die gekrap kan jy sien, eerlikwaar. Toe besluit ek maar ek sal sagte tissues in my handsak hou en het dit maar deur die jare so gedoen. 

Ek het gelees dat 'n vrou, as sy die 40-jaar 'slaat', die Afrikaanse beskrywing, dan is dit net wit, wit, wit wat haar kamer en badkamer betref. As dit NIE kan, dan vat ek ons eie duvet, linne en kussings met slope saam. Ek wil nie wonder wie nog in o.a. die Kruger Park bed geslaap het nie...! Die bont linne in sulke plekke laat my altyd wonder. 

O ja, en 2-ply toiletpapier.

Comments

Popular Posts