Klere wat pas

Ons is [ongelukkig] nie almal op Mej Wereld of Heelal standaard nie, maar ons hoef ook nie vrot oor onsself te voel nie! 

Vandag sit ek by Kloof Hosp. se ingang - ek wag vir een van ons staf wat ek moet laai. Ek kyk en kyk, praat met myself en bekyk die besoekers, hoe elkeen lyk, die klere wat hulle dra, die styl van hulle hare.. 

Na 'n baie lang tyd besef ek die een vrou of jong meisie wil mooier [aangetrek] lyk as die ander. So stylvol. Als pas [bymekaar]. Hare mooi versorg of wild [maar in styl]. Make-up net genoeg. Handsak, skouersakke en skoene pas. Kleure pas. 

Toe kom dit by my op dat baie mense van ander werelddele mos meen ons het baie mooi meisies in Suid-Afrika, dat ons [gewoonlik] baie nice en versorgd lyk. 

Kyk, die verslonsdes gaan jy kry. Ryk of arm. Ou- of nuwe geld. Ook by Kloof: die een ma is lekker dik, maar het haar nogtans 'n kort sjoe-broekie aan met hak-skoene [ek pass amper uit as ek hierdie tipe van aantrek sien, Nataniel sou op n stretcher ingedra moes word na hy so iets aanskou het]. 

Daar was ook 'n jong meisie, dik en groot vet bene, met 'n stywe kort broek.... nee man, weet jy hoe lyk julle van agter af? Kry tog iemand wat julle raad gee, mense wat EERLIK is en LUISTER na raad dat jy aantreklik maar gepas aantrek. 

Jy hoef nie ou-tannie klere te dra as jy jonk is nie. In fact, niemand dra sommer ou-1960-tannie-klere nie. Nie eers die anties van vandag nie! 

In denim sien jy my altyd... ek probeer darem juwele dra wat pas, sandale of flip-flops [hang af of ek iemand moet sien in die dag...] en 'n sak wat pas by die skoene se kleure. Ek is n casual meisie. 

My seuns hou my op my tone. Ek het so n verskriklike mooie swart T-shirt gekoop anderdag [by boutique] met blinkertjies op [nie gekyk wat is daarop geskryf nie!] en hulle was baie kwaad dat ek jonk wil lyk om so n T-shirt te dra.. toe lees ek eers die jongmens gesegde op die top. Ek sorry toe vir hulle en loop trek die ding uit. Nou ja, weggegee vandag aan n jong dingetjie wat baie bly was ! Intussen my kas met ander oge bekyk!


Comments

Popular Posts