Die Germaan

Ons vriende [name word nie genoem sodat julle nie hiermee die eintlike huurder van hul eiendom kan opspoor nie...] het 'n lieflik, erg moderne en snak-na-asem tuinwoonstel by hulle ewe-mooie huis gebou. Als splinternuut. Twee slaapkamers; en-suite; blinders; kaste; mikrogolf; wasmasjien; stoof; dak-waaiers. Noem maar op, dis daar. Hulle hoor toe van 'n Duitse man wat graag 'n mooi plek wil huur vir 5 jr. By word of mouth kom hy toe by hulle uit en teken dadelik [teen die prys wat ons vrinne dit aanbied was hulle mal in elk geval, EK sou dit huur vir 'n 'vakansie-naweek-wegbreek' [dis nou tussen ons hier in Menlyn na ons wegbreek woonstelletjie in Centurion...]. In any case, die man kry nog die geleentheid om te kies watter kleure die mure geverf word, die teëls wat gelê word en ook kleur van moderne blinders... I ask you. EN wi-fi ingesluit. EN skoonmaakdiens een keer/week. En waaroor moan die Duitser? 'The rain makes such a hard noice on the roof... I can hardly think for myself'! Regtig?! Het nie geweet sulke ouoens kan vir hulself 'dink' nie. Wat gaan met sulke mense aan? Sowat van arrogant en stupid en moan-gat kan ek net nie glo nie.... eers gedog hulle maak 'n grap oor die man. Toe nie. Hy het geen vriend of familie hier nie [obviously], is 45 jr oud [en I ME Myself] en doen net sy eie ding..... die 'ek like net my eie space' tipe. Ek meen, niemand is saam met hom in hierdie mooi woonstel nie, hy hou ook nie regtig van TV kyk nie, maar die reēn maak geraas. Ek het nou so gedink: ons kry groot rots-klippe, gooi dit een aand, terwyl dit so 'hard' reën, bo-op die IBR dak en dan vertel ons hom dis soos ons hael in Suid Afrika lyk en klink. O ja, hy het nog 'n toesluit motorhuis ook. Dis eintlik jammer vir my hy huur nie by ons nie...

Top of Form


Comments

Popular Posts