Jericho Walls


Ons kan mekaar ‘die mooiste, die beste, die grootste en die whatever nuwejaar toewens, dinge gebeur nie altyd soos beplan en wat jy dink moet nie. 

Niemand hou van seerkry nie. 

Daar is baie skoppe, stampe, pyn en lyding [in 2017] en selfs vorentoe die meeste waarvan ons [gelukkig] nie nou bewus van mag wees nie.. dis of jy kan opstaan wat tel. 

Toe die narkose walms my wil-wil oorneem met my knie-vervanging, het ek gedink met my God spring ek oor n muur. Ironies, vrot knie en oor n muur spring

Sekerlik my gedagte aan die baie mure in 2017 wat TE hoog was om te oorkom. 

Ek hoop jou Jerigo-mure crumble and tumble in 2018. Wat ookal gebeur, staan op vat n leer en klim oor jou Jerigo-muur as hy nie wil padgee nie! 

Klim stadig maar seker tot jy oor die pynlike ondervinding is, al vat dit jou die hele jaar. xx



Comments

Popular Posts