Butt Fitt



Dog ek toe so: [byna] almal is op n dieet of min eet of anders eet net so vóór Des. [of jou troue!]. Twee vriendinne van my gebruik n meal plan [vervanging] twee maal per dag. Verloor lekker gewig

Tussen-in snack hulle aan biltong, neute of appel. Als waarvan ek hou, die biltong veral [ons almal doen]. En net om so ietsie te doen om in die swembroek te pas [aaklige word, swembroek klink soos die 1950s swemgoed]. Ek dra n costume dan en wan, baie, baie min. 

Rudy praat van is jy mal ons gaan nie swem nie! Met 45grade in Limpopo kan hy tog nie in sy onderbroek swem sou hy besluit het hy was stupid om nie n costume in te pak nie Nou ja, loop soek ek toe ook na die wondermiddel gister in Menlyn. 

Was n ervaring van n ander shopping experience . uiteindlik die winkel gekry. Ek kry die idee dat, orals waar ek vra waar die plek is, mense my op en af kyk, half verwonderd dat ek dalk n ystervrou mag wees, maar nie die tekens toon nie! Vra n klubkaart was my vriendinne se aanbeveling. So, ek vra. Gooi sommige klubkaarte weg elke paar maande want liewe mens, jou handsak kan dit nie hou nie! Ek dra swaarder aan kaarte as aan geld. Almal doen. 

Nou moet ek vorms invul by die winkel.. gn probleem. Maar die rede hoekom jy lid is of kwalifiseer vir n kaart is shopping met n difference. Ek lag so, ek vra die ou om maar liewers self te kies waar ek hoort. Nou vat hy die iPad en noem die redes hoekom ek volgende keer afslag sal kry..ek moet my fitness bepaal. Nee, nee, nee, nee praat ek agter hom aan soos hy die info aflees [goed soos pathetic-fit of super-fit of abnormal-fit..]. 

Nee, die man kry my nie ge-label nie. Ek besluit toe maar self om in te gryp en sê ek power walk, toe merk hy my fitness as ‘buddy-fit .. is reg, sê ek want my buddy is my skaaphond, maar as dit is waar ons tweetjies hoort, be it what it may! 

Nee, laat die ou hoor, dis net ék wat as ‘bud-fit gemerk is op my profiel, toe lag ek so die mense kyk snaaks na my hy wonder toe oor my histerie maar die butt-fit in my kop kan ek hom nie verduidelik nie. 

Mens moet mos gemaklik jou butt fit in jou costume. Ek kom by die huis met die seer-oog-pienk bottel en sê vir Emma sy hoef nie hiervan te drink nie, dis net vir humans en buitendien is haar butt ge-streamline.

Comments

Popular Posts